Opens in a new tab

Lekkersing se mense

Hier word vir die lekkerte gesing,
baldadig geskaterlag,
gesels lat net die honne huil,
gekappityt tot douvoordag.


Lekkersingers kan hul nog
in elke wonderdag verbly.
Geen wonder dat hul nooit
hartsiektes of maagsere kry.

more by Anna Luttig
  • Kamieskroon

    Waar die blou Kamiesberge hul kruine verhef;en die spitspunt van sneeukop hul hoogte oortref.Waar die…

  • Suidergrens

    Wie sal kan sêwaar Namakwaland se suidgrens lê?Net dié kinders in wie se harte daardie…

  • Waar feetjies en elfies woon

    Iewers in Namakwalandkronkel my hart se veldvoetpaadjiewaarlangs ek in die lente stap,tydsaam, rustig, tree vir…