Opens in a new tab

Kamieskroon

Waar die blou Kamiesberge hul kruine verhef;
en die spitspunt van sneeukop hul hoogte oortref.
Waar die grys-grou Kardou soos ‘n trou brandwag waak
en die sluimerende boesman op Boesmankop slaap;
waar die kerk op die heuwel ‘n kalmte verleen
aan die berge en vlaktes al rondom haar heen.

Waar die grafnaald ons toon waar ‘n oorlogsheld rus
deur die sekel van krygsdood aan slaap nou gesus.
Lê ons dorpie verlate so rustig alleen
net kalmte en stilte en rus alomheen.
Dis ‘n plekkie wat tyd met verloop sal beloon.
Dis ‘n eensame dorpie. Dis ons Kamieskroon!

more by Anna Luttig
  • Suidergrens

    Wie sal kan sêwaar Namakwaland se suidgrens lê?Net dié kinders in wie se harte daardie…

  • Waar feetjies en elfies woon

    Iewers in Namakwalandkronkel my hart se veldvoetpaadjiewaarlangs ek in die lente stap,tydsaam, rustig, tree vir…

  • Die verlange loop ver

    Ek verlang soms na daardie wêreldwaar die groot, groot stiltes dwaalen uit barre onherbergsaamheidsoveel ongerepte…