Laataand en ek sit en wonder oor Bok rugby en spankeuses en in watter belaglike groef ons land verval het van dis OK om te verloor soms…..
En ek besef hoe cool my lewe is. Hoe gelukkig ek is. Ek wen elke sekonde van my lewe. Corne De Clerk jy is my rede vir my eie goue medalje. Ek kyk om my in ons huis en oral is daar foto’s van jou en die kids. En als is net happy. Ek sit en luister 80s musiek. Stoksiel alleen op my eie…. musiek wat stories vertel het. En al waaraan ek kan dink is hoe happy ek is. Net omdat jy deel is daarvan. Eers wonder ek…. dalk te veel wyn? Dalk! Maar goeie donner, is dit nie wanneer die ware kleure uitkom nie.
Ek is eintlik maar net toegegooi met seëninge. Dankie Liewe Vader. Ek verdien absoluut niks wat ek het en ons het nie, maar tog voel ek dat dit my toekom? Al maak dit nie sin nie, is ek net dankbaar. Dankbaar vir al die uitdagings met als rondom ons, want dit maak seker dat ons verstaan dat niks eintlik ons beskore is nie en tog kry ons als.
Eintlik wil ek net seker maak dat my hele gesin weet dat al lek my dak, al groei my gras nie in die skadukolle nie, al werk my kreepy net soms, al is die 2ling se fietse altwee moertoe, al is my nuwe kar gestamp, al gee my buurman my en my seuntjies net moeilikheid, al is my ma terminaal siek, al is ons familie uitmekaar geskeur en my hart se punt meisiekind Carmia de Clerk volgende jaar nie meer in die huis nie…… loop my hart oor van altyd lekkerte omdat ons as gesin nog vir mekaar kan lag en spot en net met simpelgeit kan lief wees vir mekaar.
Die laggende oë rondom my in elke fotoraam vertel elkeen ‘n unieke storie van giggelgatgeit en tranelag skaters
Die liedjie van Mercy Me…. I can only Imagine….
Sou ek ooit kon imagine dat ek so toegegooi sou word met absolute smiley faces en ‘n oorlopense dankbaarheid.
