Opens in a new tab

Halfmens

Ouman van die Richtersveld,
jy wat half lyk soos mens,
met jou vaalgroen blare-hoedjie op
soos ‘n dotjie vir jou klappertaaibos-kop
jou stekelrige nek en lyf se knoppiesvel
wat van jou gryse ouderdom vertel,
terwyl jy knaend noordwaarts beur.

Indien jy kan praat, wat sou jy wens?
bedreigde spesie, dat niemand jou sal steur
en hier sal uitruk en verplant?
Jy weet dat jy daar sal kwyn en sterf
want jou habitat is Richtersveld… jou eie werf.

Pachypodium, olifantslurp of halfmens
jou voortbestaan is ook my hartewens.

more by Anna Luttig
  • Kamieskroon

    Waar die blou Kamiesberge hul kruine verhef;en die spitspunt van sneeukop hul hoogte oortref.Waar die…

  • Suidergrens

    Wie sal kan sêwaar Namakwaland se suidgrens lê?Net dié kinders in wie se harte daardie…

  • Waar feetjies en elfies woon

    Iewers in Namakwalandkronkel my hart se veldvoetpaadjiewaarlangs ek in die lente stap,tydsaam, rustig, tree vir…