Swyende getuies uit ‘n vervloé tyd,
toe jy die hartklop van die boerplaas was.
Jy en die mied en die gaffel,
die sens en die sekel,
die knapsak en die skepel,
die jaagbesem en die houtskop,
die koringsakke, kromrug-geabba, die soldertrappe op.
Brulgewaarts het jou stem stilgemaak
dreun-dreun verrig dit nou jou eeu-oue taak
Vooruitgang
in volle swang!
Ook in Namakwaland
