Opens in a new tab

Blommeprag

Namakwalandse blomme pronk en kopspeel weer,
net ‘n duisendmaal mooier hierdie keer.
Daar deur die Skepper self geplant
en ingekleur met ‘n Meestershand.
‘n See van kleure loof die Heer,
wie verkies om weer ‘n keer
die stiefkind van die bar Noordweste,
ʼn paradys te maak… Sy allerbeste.

Rumatiek en heupjig of te not,
as lappe gousblomme in die wind ravot,
word oud en jonk mos skoon verspot,
en rinkink baldadig in die wind
wat kattemaai deur die blommedal
soos Leipoldt sê “halfpad mal.”

Uit hierdie skurwe barre wand,
in ‘n klein handjievol sand
het hierdie dapper klein parmant
so ewe kordaat astrant
gegroei en sy fraai gesiggie
na die goudgeel son gedraai
en uit die hoogte vermakerig uitgesaai
“hier kan gousblom se kind mos koningkraai.”

more by Anna Luttig
  • Kamieskroon

    Waar die blou Kamiesberge hul kruine verhef;en die spitspunt van sneeukop hul hoogte oortref.Waar die…

  • Suidergrens

    Wie sal kan sêwaar Namakwaland se suidgrens lê?Net dié kinders in wie se harte daardie…

  • Waar feetjies en elfies woon

    Iewers in Namakwalandkronkel my hart se veldvoetpaadjiewaarlangs ek in die lente stap,tydsaam, rustig, tree vir…