Bittereinders van Richtersveld

Tuisland van die Bittereinders
wat geen waarde heg aan mor of kla,
omdat hy sielsalig gelukkig is
met die min wat hy besit:
‘n Troppie bokke, sy donkiespan
en klopdisselboom “Xabberta”
‘n Gatskuur wat sy koring maal,
sy gebakte broodjie uit ‘n miershoop haal.
Dis taai Nomade dié, hard gebrei,
wat daar doer deuskant die groot Gariep
se aarde, vol blink diamante bly,
by wie aangeplakte gekunsteldheid
nooit ‘n vastrapplek sal kry.