Opens in a new tab

Leeg

ek kyk elke 5 sekondes op die live location soos gestuur
die sekondes voel elkeen soos ‘n uur
wees veilig my kind in als wat jy aanpak
my hart is leeg, my lyf ‘n slaansak

jou kamer netjies opgepak, leeg soos nog nooit
gaan jy weer terugkom, soos in ooit
my oog vang weer die skerm, jou kolletjie beweeg nog
my gebede voel leeg, beskerm haar tog

ek het probeer trane wegsteek, maar swak daarmee
skaam skaam by die hek, skelmpies wegvee
al is die huis vol van jou menswees
is dit leeg en verskriklik bedees

boeties wou gisteraand weet by jou
wat gaan hul maak sonder jou
ek weet hul vrees is eg en die leeg ook daar
wees bedag daarop, die vrees is raar
als in my voel leeg vandag
die gat in my bors, donker soos nag
vlieg hoog my kind, met seile van hoop
en help ons om hierdie leeg se keel te knoop

more by JC De Clerk
  • Wanneer ons weer leer om om te gee

    In die jaagtog van dae en drome,verby skerms en haastige voetstappe,vergeet ons soms hoe maklik…

  • Vir Ricko

    My seun, jy staan stil voor die spieël,en ’n stuk van jou hare het padgegee,soos…

  • Vandag is dit al ’n week gelede.

    My laaste spesiale dag as coach. Vir die laaste 7 jaar was Saterdae krieket dae.…