kuieralot® Kraan

Die kuieralot® Kraan is ’n draagbare 1.2L-drankdispenser waarmee jy jou skinkmaat kan kies en jou drank met ’n eenvoudige druk kan tap. Met verskeie monteeropsies vir tafels, gras, sand en visvangtrips, gaan hy oral waar die kuier gaan. Druk en kuier!

Price range: R1 995,00 through R2 495,00

Die kraan wat oral kan staan! Vergeet die outydse optics. Vergeet daarvan om agter die drankkas te staan. En vergeet daarvan om by een plek vasgepen te wees. Ontmoet die kuieralot® Kraan, die ultimate draagbare drank dispenser en moontlik een van die grootste stukkies Kuieralot-genie wat nog uitgedink is!

Hierdie slanke 1-meter vlekvrye staal-silinder hou tot 1,2 liter van jou gunsteling vloeistof en maak drank skink so eenvoudig soos druk-en-skink. Die klein elektriese pompie bo-op laat jou toe om presies te kies hoeveel milliliter jy wil dispenseer. ’n Enkel-tot? ’n Dubbel-tot? Of meer? Jy besluit. Druk eenvoudig jou glas teen die sneller en die Kuieralot Kraan dispenseer outomaties die gekose hoeveelheid. Geen meet werk. Geen gemors. Geen gesukkel. Druk net en kuier!

DIE KRAAN WAT SAAM MET JOU GAAN. Hierdie is nie ’n drank dispenser wat op die kombuiskas moet bly staan nie. Die Kuieralot Kraan is gebou om te gaan waar die kuier gaan. Hy kom met:

  • Voetbasis vir stabiele gebruik op plat oppervlaktes
  • 15 cm grondpen vir gras en sand
  • Pas in ’n visstokhouer, perfek om hom saam te vat op jou visvangavonture
  • Pas in die sambreelgat van jou tafel

Dis n kompakte, draagbare ontwerp om jou drankdispenser feitlik enige plek saam te neem. Strand? Kraan. Braai? Kraan. Kamp? Kraan. Visvang? Kraan. Vriende om die tafel? Kraan. Basies, waar daar ’n kuier is... kan daar ’n Kraan wees!

Hoekom ’n vaste optics hê as jy ’n Kuieralot Kraan kan hê? Vat jou drank dispenser saam en skink jou drank waar jy ook al is. Die enigste besluit wat jy moet neem is: WAT GOOI ONS IN DIE KRAAN?

Add-Ons

With Tray, Without Tray