Die kuieralot® Dubbelgestikte Leergordel met Botteloopmaker.
Styl. Sterkte. Praktiesheid.
By kuieralot® meng ons ervaring met uit-die-boks denke om produkte te skep wat modes oorleef en verwagtinge oortref. Hierdie dubbelgestikte leergordel is geen uitsondering nie. Gemaak van premium, geharde leer en afgewerk met presiese stikwerk, bring dit alledaagse duursaamheid saam met daardie onmiskenbare kuieralot®-styl.
Maar hier’s die draai wat koppe laat draai: ingebou in die gesp is ’n skoon, gereed-vir-aksie botteloopmaker. Want of jy by die braai staan, op die plaas werk, of mid-kuier is — ’n legend is nooit onvoorbereid nie.
Sterk, prakties en trots kreatief — dis die gordel wat net so hard werk soos jy.
Moenie gevang word met jou broek om jou enkels nie.
Dra ’n kuieralot®-gordel.
| Belt Size | 32, 34, 36, 38, 40, 42, 44, 46 |
|---|









Wat mense sê
Daar is nog geen resensies nie.