Opens in a new tab

kuieralot® Flip-en-Cool Backpack

Die kuieralot® Flip-en-Cool Rugsak verander binne sekondes van ’n kompakte sakkie na ’n handige rugsak. Liggewig en maklik om weg te bêre, is dit perfek vir reis, stap, inkopies, feeste en daardie oomblikke wanneer jy skielik ekstra pakplek nodig het. Flip hom oop, pak hom vol en vat die pad. Dis die flippen cool rugsak!

R695,00

Flip hom oop. Pak hom. En vat die pad! Die kuieralot® Flip-en-Cool Rugsak is die slim klein rugsak wat binne sekondes van ’n kompakte opvoupakkie verander na ’n volwaardige rugsak. Flip hom eenvoudig oop, en jy is gereed om meer te dra.

Liggewig, kompak en maklik om weg te pak, neem die Flip-en-Cool amper geen plek in jou hoofsak, motor of kamptoerusting op nie. Wanneer jy skielik ekstra pakplek nodig het — of bloot jou hande wil vrymaak — het jy sommer ’n rugsak gereed om te gebruik. Ideaal vir dagstaptogte, sportdae, reis, inkopies, feeste, besienswaardighede, kampeer of enige geleentheid waar jy skielik met meer goed eindig as waarmee jy begin het. Slim bêreplek vir die goed wat jy nodig het.

Die Flip-en-Cool het ’n sluitbare sysak aan die een kant vir kleiner items wat jy veilig wil bêre, terwyl die ander kant ’n gaassak het — perfek vir jou waterbottel of koffiefles. En wanneer die kuier verby is? Flip die rugsak eenvoudig terug in sy eie sakkie, vou hom weg en bêre hom totdat die volgende avontuur aanbreek.

kuieralot® Flip-en-Cool: die flippen cool rugsak!

Weight 0,2 kg
Dimensions 9 × 9 × 18,1 cm
Colour

Black and Charcoal, White and Orange