Kwaliteit kom in 'n sak. Hierdie stewige kuieralot® Roostersak met Handvatsel is vir die ou wat glo in gerief én klas. Dié Roostersak hou jou rooster met wegskuif-handvatsel lekker styf, skoon en reg vir aksie. Taai, prakties en met trots gebrandmerk. Danksy die Velcro aan drie kante vou die sak heeltemal oop, sodat jy 'n skoon, stewige werkspasie het om jou rooster te pak en uit te pak. Gemaak van sterk materiaal wat maklik skoonmaak, is hierdie sak net so betroubaar soos jou gunsteling braaisout. Dis die sak waarin elke rooster wil kuier.
Let wel: Die braairooster is nie by die aankoop ingesluit nie.








Wat mense sê
Daar is nog geen resensies nie.