Waar die blou Kamiesberge hul kruine verhef;
en die spitspunt van sneeukop hul hoogte oortref.
Waar die grys-grou Kardou soos ‘n trou brandwag waak
en die sluimerende boesman op Boesmankop slaap;
waar die kerk op die heuwel ‘n kalmte verleen
aan die berge en vlaktes al rondom haar heen.
Waar die grafnaald ons toon waar ‘n oorlogsheld rus
deur die sekel van krygsdood aan slaap nou gesus.
Lê ons dorpie verlate so rustig alleen
net kalmte en stilte en rus alomheen.
Dis ‘n plekkie wat tyd met verloop sal beloon.
Dis ‘n eensame dorpie. Dis ons Kamieskroon!
