Die lank verwagte kuieralot® Vrek Lang Braaivurk — die ultieme duiwelsvurk-styl spies en mees veelsydige braai-instrument wat jy ooit saam sal bring. Ekstra lank, ekstra sterk en gebou vir ernstige vuurwerk; hierdie vurk het meer vermoëns as ’n Triton. Sosaties? Maklik. Sampioene? Perfek. Karreedjies, hoender, espetada of enigiets wat jy wil spies en skroei — hierdie dier hanteer dit alles sonder huiwering. Sy lengte maak dit die beste espetada-styl spies daar buite, en jy kan selfs karreedjies opsit en die vetkant eerste braai vir maksimum geur. Die stewige hout handvatsel hou jou hand koel terwyl die staal die sissende werk doen, en sy reikafstand maak dit eenvoudig om vleis aan die agterkant van die rooster om te draai. Sterk, veelsydig en onmiskenbare kuieralot®-gehalte.
kuieralot® Vrek Lang Braai Vurk – Vlekvrye Staal
Die kuieralot® Vrek Lang Braai Vurk is jou ekstra-lang, ekstra-robuste duiwelsvurk-spies — gebou vir ernstige vuurwerk en moeitelose draaiwerk. Van sosaties tot espetada en tjops, die vrek lang braai vurk hanteer alles met daai klassieke kuieralot® gees.
R595,00








Wat mense sê
Daar is nog geen resensies nie.