kuieralot® Roker

Die kuieralot® Roker bring groot rokerige geur in ’n kompakte pakket, perfek vir vleis, hoender en vis. Met verstelbare roosters, ingeboude temperatuurbeheer en verstelbare lugvloei maak dit egte rook maklik by die huis, wanneer jy kamp, of waarheen die kuier jou ook al vat.

R1 995,00

Die kuieralot® Roker is ’n kompakte, praktiese vleis-, hoender- en visroker wat groot geur lewer sonder om groot plek op te neem. Of jy nou sappige hoender, vars vis of ’n lekker stuk vleis rook, maak die kuieralot roker dit maklik om daardie egte, heerlike gerookte geur te kry. Met verstelbare roosters binne-in kan jy die uitleg aanpas volgens wat jy rook. Die ingeboude termometer hou jou op hoogte van die temperatuur, terwyl die verstelbare lugvloei-beheer jou in beheer van die hitte en rook hou.

Kompak genoeg vir die stoep, boma, kampplek of naweek-kuier, maar veelsydig genoeg om ’n permanente plek in jou buitekook-opset te verdien. Moenie net oor rook praat nie. Begin rook!

kuieralot® rook, die enigste rook wat nog cool is.