kuieralot® Staanribstaander

Die kuieralot® Rib Stand is ’n braai-noodsaaklikheid vir enige iemand wat ernstig is oor sappige, stadig gaar ribbetjies. Gemaak van vlekvrye staal met ’n slim opvou-ontwerp, is dit kompak, skottelgoedwasser-vriendelik en gereed vir enigiets van ’n agterplaasbraai tot ’n kampvuur. Want ’n braai sonder ’n “staan rib” is amper net ’n vergadering.

R395,00

Die ribstaander wat elke ernstige braaier behoort te hê! As jy van sappige, stadig-gaar staanrib hou, is die kuieralot® Staanribstaander nie ’n luukse nie, dis ’n braai-noodsaaklikheid!

Gemaak van hoëgehalte vlekvrye staal en trots met die kuieralot®-handelsmerk gemerk, is hierdie staander gebou vir die vuur, die ribbes en die kuier. Die slim opvou-ontwerp beteken hy neem min plek in jou braai-toerusting, kar of kamptoerusting op. Vou hom oop wanneer jy hom nodig het, pak jou ribbes in en laat die vuur sy werk doen. En wanneer die laaste ribbetjie van die bord af verdwyn het? Geen gesukkel met skoonmaak nie. Die staander pas sommer in die skottelgoedwasser.

Van jou agterplaas tot die kampvuur, vat hom saam! Want ’n braai sonder ’n staanrib is amper net ’n vergadering.