kuieralot® Nutsman Kapper

Die kuieralot® Nutsman Kapper pak ’n byl, hamer, beitel en moersleutels in een robuuste, modulêre stuk gereedskap, gebou vir kamp en off-grid avonture. Kompak wanneer dit weggepak is en verlengbaar wanneer die werk dit vereis, is dit reg om te kap, klap, skroef en fix wat die kuier ook al na jou kant toe gooi.

R1 995,00

Ontmoet die kuieralot® Nutsman Kapper, die kompakte veeldoelige gereedskap vir die ou wat glo jy moet altyd reg wees om te kap, klap, skroef en regmaak wat ook al die kuier na jou toe gooi. Hierdie is baie meer as net ’n klein byl. Met sy modulêre ontwerp verander die Nutsman Kapper van ’n kompakte handbyltjie na ’n verlengde byl, terwyl dit jou ’n hele reeks praktiese funksies in een stewige pakket gee.

Die Nutsman Kapper sluit in:

  • Kompakte handbyl-konfigurasie vir kap en sny
  • Verlengde byl-konfigurasie wanneer jy ekstra bereik nodig het
  • Hamer-aanhegting om goed in plek te kap
  • Beitel-aanhegting vir daardie werk wat ’n bietjie ekstra oortuiging nodig het
  • Vlekvrye staal-verlengstuk met ingeboude 10 mm, 13 mm en 17 mm moersleutels
  • Paracord-omhulde handvatsel vir ’n stewige greep en ekstra praktiese gebruik
  • Modulêre ontwerp wat kompak opvou vir vervoer en bêre

Of jy nou kamp, rondom die braai werk, iets by die kampplek moet regmaak of die Living Off The Grid-pad vat, die Nutsman Kapper gee jou ’n hele versameling handige gereedskap sonder dat jy ’n hele gereedskapskis hoef saam te sleep. Byl? Check. Hamer? Check. Beitel? Check. Moersleutels? Check. Alles in een kompakte kuieralot®-pakket.