Vir daardie oomblikke wanneer ’n regte kuier vra vir regte wyn, en goeie wyn verdien ’n plek van sy eie. Die kuieralot® Leer Hangende Wynrak maak drie van jou gunsteling bottels deel van die dekor, of dit nou by jou tuiskroeg, langs die braai, in die kombuis, of sommer daar waar die kuier gewoonlik gebeur, hang.
Gemaak van duursame tekstuurleer met opvallende stikwerk, hou en vertoon dit tot drie bottels veilig horisontaal, met slim kyk-uitsparings wat wys wat op aanbod is. Afgewerk met ’n stewige hanglus en kenmerkende kuieralot® detail, bied dit praktiese berging met hope karakter. Want goeie wyn hoort nie weggesteek in ’n kas nie.











Wat mense sê
Daar is nog geen resensies nie.