Die tang met ’n byt! Ontmoet die kuieralot® Baby Croc Grip, sterk, stewig en gebou vir die braai. Hierdie is nie sommer net nog ’n braaitang nie. Met sy unieke krokodil-tand-ontwerp aan die voorkant gee die Baby Croc Grip jou ’n stewige greep op jou vleis, terwyl dit voel soos ’n natuurlike verlenging van jou hand.
Sterk, duursaam en maklik om te gebruik, is hierdie tang gemaak om alles van steaks en tjops tot daardie moeilike stukkies vleis met gemak te hanteer. Maar die Croc het nog ’n paar truuks in sy tande... Die unieke krokodil-tand-ontwerp is nie net daar om kwaai te lyk nie. Die tande kan ook gebruik word om vleissakke oop te maak, gly eenvoudig die tande deur die sakkie en trek om dit oop te sny.
En omdat geen kuieralot®-braaitoerusting volledig is sonder een nie, het ons ons kenmerkende ingeboude botteloopmaker agter aan die tang ingesluit.
kuieralot® Baby Croc Grip. Klein Croc, groot byt!





