Luister gou:
Wil jy nog die verhouding hou,
want jy spandeer meer tyd met vriende
so, tel dit wat ons het, nog as liefde?
Jy praat skaars met my,
wil jy ooit hê ek moet bly?
Jy word kwaad as ek sê dis nie reg nie.
Sê my dan – wat is die punt van die?
Is jy ooit lief vir my?
Moet ek nog vir jou liefde stry
as jou vriende besluit of ek moet bly,
of is dit wat ons het net ‘n vry en gly?
Dalk dink jy ek soek skoor,
Maar ek is nou moeg hiervoor.
Sê my dan wat ek verkeerd doen,
of is ek maar net iemand vir wie jy wil soen?
O, wag,
jy sal seker lag,
want ek’s mos die snaakste stuk van jou dag,
terwyl jy en jou alewige vriende
speletjies speel tot laat in die nag.

