Die Matjieshuis

Wanneer die matjieshuis se kleivloer gebeesmis-polish is, en die tafelblad met soutslaai silwerskoon geskrop is. Die skepbeker-blikbeker met vuuras blinkgeskuur in die son skitter, dan lê die goudbruin roosterkoeke gestreep en pofferdik geswel op die warm rooster en hoor jy die driebeen-swartpot in die bossieskookhuis sing.  Want Namakwalandse sit-tee word gemaak – nie kasaterwater nie en rondom die vuurherd word aangesit vir ‘n tongklaplekker …….  koningsmaal!

So loop my herinneringe voetpadlangs tot by die Bruinmense bo-op Kamiesberg.  Die argitekte van die matjieshuis!