Opens in a new tab

HOE KON JY?

Hoe kon jy my hart so breek?
dis asof jy op my verneuk,
al wat ek kon hoor was haar naam,
en nou kry ek skaam.

Van wanneer af is julle saam,
of wil jy net hê ek moet verstaan?
Haar naam is al wat ek kon hoor,
so wil jy my nou verloor?

Jy sê ek moet nie stres nie.
Jy sê sy’s net ‘n vriend,
Maar is dit wat ek verdien?
Ek meen, ek wil jou gelukkig sien.

Ek sit en wonder, was sy daar vir jou?
Is sy die een van wie jy hou?
Ek het jou vertrou,
maar wie sê ek wil dit nou alles onthou.

more by Lisa de Koker
  • LIEFDE

    Was liefde net ‘n woord vir jou?Hoe kan ek jou so baie vertrou?As jy net…

  • LUISTER GOU

    Luister gou:Wil jy nog die verhouding hou,want jy spandeer meer tyd met vriendeso, tel dit…