Was liefde net ‘n woord vir jou?
Hoe kan ek jou so baie vertrou?
As jy net vir haar wil onthou?
Gaan die verhouding nog lank hou?
Sy sê jy is die een.
So, jy’t net my hart geleen.
Nou staan ek weer alleen,
nadat ek jou wou ondersteun.
Ek was verkeerd,
en jy het my nou gebreek.
Ek dink dit is tyd om van mekaar te vergeet,
want ek weet as jy die kans kry,
sal jy my hart weer breek.

