Hoekom tevrede wees met ’n gewone braaistaander as jy die kuieralot® Standout Braaistaander kan besit Hierdie is die “ultimate” multifunksionele braaistaander, ontwerp om jou meer opsies, meer kookruimte en meer maniere te gee om te kuier. Met sy slim opvoubeen-ontwerp bied die Standout twee hoogteverstellings, sodat jy hom kan opstel presies soos jy hom wil hê.
En toe vra ons die belangrike vraag: Wat is beter as een ribstaander? TWEE RIBSTAANDERS! Die Standout het twee ribstaanders aan die kante, met ’n spesiale plek in die middel vir ’n pot, potjie of ander kookgerei. Jy kan dus jou ribbes aan die kante gaarmaak terwyl jou potjie in die middel rustig prut, alles op een ongelooflik veelsydige staander. Gemaak van duursame vlekvrye staal, is die Standout gebou vir die vuur, die agterplaasbraai, kampeer en enige buitelug-kuier. En wanneer die kos klaar is, is skoonmaak ’n briesie — die staander is skottelgoedwasser-vriendelik.
Een staander. Twee hoogtes. Twee ribstaanders. Eindelose moontlikhede. kuieralot® Standout staande, staan uit bo die res.





