My laaste spesiale dag as coach. Vir die laaste 7 jaar was Saterdae krieket dae. Maar eintlik nie net die Saterdae nie. Ek het heel somer, elke dag, krieket geleef, ingeasem en tyd saam met seuns spandeer deur ‘n skool en ’n sport baie naby aan my hart. Ek het die voorreg gehad om met ouers se kosbaarste besittings te werk en hopelik deur sport, jong manne gereed te maak vir die grootmens wêreld.
Veral die laaste 5 seisoene as 1e span coach het die verhoudings met seuns en ouers ‘n ongelooflike inspraak op my lewe gemaak en die lesse wat ek geleer het, sal lewenslank met my saamgedra word.
Dankie Hoër Jongenskool Paarl Boys’ High School, dankie krieket, dankie aan ‘n groep gentlemen en veral dankie aan my gesin.
Corne De Clerk, Carmia de Clerk en die tweeling. Julle het my toegelaat om wakker my droom te leef, om toe oë alles te sien en vertroue in te boesem met ‘n sagte woord en ‘n high five wat ongesiens verbygaan.
Die foto’s saam met elkeen is in mosaïek gesement op ‘n baie spesiale plek in my hart.
Aan elke seun wat my hart aangeraak het, vlieg hoog, glo vas, werk hard en wees net ‘n goeie mens.
Ek weet nou dat ek as mens gegroei het deur ‘n klein bietjie moeite te doen om te verstaan hoekom mense op ‘n sekere manier optree, hoekom mense sekere dinge dink, hoekom mense sekere dinge sê en hoe honger ons jeug is vir eerstens regverdigheid en tweedens aanvaarding sonder om anders op te tree.
My innings is verby. My laaste catch is gevang. My laaste kolfbeurt was suksesvol. My hart is vol en my herinneringe is onophoudend.
Dankie Liewe Jesus
