Dankie my krieket weduwee

Soos soveel keer vantevore kan ek vanoggend net weer op my knieë gaan en my krieket weduwee uit my hart dankie sê dat sy my toelaat om my drome te jaag. 

24 jaar van getroud wees met die mees amazingste mens en ek sit langs die krieketveld. 

Ek het redelik gewonder oor waar daar nog great voorbeelde is om jou mee te vergelyk. Daar is gelukkig nog klomp oor en na ons vakansie is die beste vergelyking waaraan ek vandag kan dink, laagwater. 

Met laagwater by die see, is daar baie spasie op die strand, klomp kleurryke mense met lag gesiggies. Presies soos jou hart. Een helse klomp spasie met almal wat deel is daarvan net happy omdat hul deel is van jou hart. 

Met laagwater is die see gewoonlik plat en rustig. Nes jou gemoed. Jy is die rustigheid vanself en die een wat stormwater in harmonie verander. 

Met laagwater is daar ‘n klomp fun en games op die strand. Net soos elke liewe dag saam met jou. My lewe is fun en games saam met jou. Elke oomblik is special. 

Mense tel baie meer skulpies op tydens laagwater. Skulpies create baie keer memories van saam wees en Godgeskape beauty. 

Die memories saam met jou en jou tydlose beauty is iets wat ek koester naby aan my hart. 

Dan ook met laagwater is dit baie keer makliker vir skepe om by die hawe te in en uit met water wat kalmer is. 

Jy is my veilige hawe. Jy hou my veilig. Jy hou my kalm. 

Seker nie nodig om verder te probeer verduidelik wat ‘n absolute fees die laaste 24 jaar saam met jou was nie. Ek is uit my laagwater hart tot ‘n oorlopens toe vol stormsee lief vir jou.