Corne verjaar

Jou verjaarsdag. Spesiale dag vir die spesiaalste vrou. 

Ek sit by die dr met Hugo en sien al die siek en seer mense om my. Dadelik is my wens dat elkeen jou net moet ken, sien of ervaar. Jy maak siek beter voel. Jy maak seer beter voel. Jy maak lewe beter voel. 

Ek kyk om my en besef dat jou special power is om almal rondom jou spesiaal te laat voel. Jou smile almal se dag ophelder. Jou goedheid aansteeklik is vir almal om jou. Jou sagtheid almal beter mense wil laat wees. Jou liefde vir jou medemens my soms laat skaam voel so oorweldigend is dit. 

Ek is seker as jy 30 min in hierdie spreekkamer kon sit, sou almal hier beter gevoel het, sonder dat jy ‘n woord sê. 

Mag jy hierdie jaar net ‘n krummeltjie van die lekkerte ervaar wat jy in ander mense se lewens oplos. Soos ‘n Disprin in water, versprei jy als wat goed en opbouend is in hierdie lewe, aan almal wat deur jou geraak word. 

Ons bewonder jou. Ons is lief vir jou. Ons is so verskriklik dankbaar vir jou.