Opens in a new tab

Die verlange loop ver

Ek verlang soms na daardie wêreld
waar die groot, groot stiltes dwaal
en uit barre onherbergsaamheid
soveel ongerepte skoonheid straal.

Waar die son sy felste strale
uitspuug op mens en dier en plant,
totdat net die rateltaaistes
teen sy ongenade is betand. 

Ruwe bergspitse so hoog uitstaan
dat mensies hul yslike verwaandheid
voel verdwerg tot loutere kleinlikheid –
kaalgestroop van ydel eiewaan.

Sterre snags so naby jou kom draai
dat die lied van herderkoning Dawid:
“Hoe wonderbaar is U Naam, O Here”
met lofpsalm jou hele hart deurwaai.

By jou eindlose uitgestrektheid,
ver van rumoer en dolle stadsverkeer,
ERVAAR jy die woorde van die digter:
“Man is distant but God is near”.

more by Anna Luttig
  • Kamieskroon

    Waar die blou Kamiesberge hul kruine verhef;en die spitspunt van sneeukop hul hoogte oortref.Waar die…

  • Suidergrens

    Wie sal kan sêwaar Namakwaland se suidgrens lê?Net dié kinders in wie se harte daardie…

  • Waar feetjies en elfies woon

    Iewers in Namakwalandkronkel my hart se veldvoetpaadjiewaarlangs ek in die lente stap,tydsaam, rustig, tree vir…