Trapvloer 2

Die wind daarbuite ruik na kaf,
die hele huis na pypkaneel.
Skottels pannekoek word gebak
want ’n geseënde oes is af.

En Oujaarsaand?… die trapvloerbaan
vir wals en polka en setees,
kos’tina en kitaar, viool… teen dagbreek
begin perdekarre huis se kant toe staan.