Die lammers die speel hulle is nie verveel.
Die skape gaan na die kamp met elke voetjie se stamp.
Glad nie heeltyd stil daar staan – hulle kan oral waar die kos is gaan.
Elke stukkie wei wat hulle in die hande kan kry.
Tot agtermiddag toe tot ons weer by hulle bly.
En in die kraal gaan jaag
Want jakkals se maag is groot na die vraag
vir ń stukkie vleis sodat hy verder kan reis.
Ná ń warm dag se wei, is die skape dors verby.
Gryp hulle die skoon water aan wat vinnig uit die krip weggaan.
Want van skone dors, gaan hulle waarskynlik die water vuil mors.
In dit trap-trap soos hulle vir suip plek krap.
Rondom die krip n modder mat.
Gooi sand op en maak dit plat.
Dit maak hulle pote nat.
En die boer sat.
As hy met ń pyp water gee
en melasse in die water vee.
As hulle drolletjies vreet, kan jy maar weet:
Hulle wil melasse hê.
Dit is soos hulle dit vir jou sê.
Uit ń bolkraan krip is water drink ń vinniger rit.
Natuurlik kan hulle dan op die middag kom in die warmste son.
En in die skadu kom staan
totdat hulle weer moet op trek en veld toe gaan.
Maar kort voor lank loop hulle dalkies mank
as dit sandgrond is.
Dit weet ons gewis.
Want warm sand laat hulle kloutjies bars van die son wat brand.
Dit veroorsaak vrotpootjie vir ń ram en ń ooitjie.
As daar ooie lam, hou ons hulle eenkant as dit kan.
Hoe meer troppe, hoe moeiliker die beheer.
Dit het ek al geleer.
Maar die lammerooie kyk ons apart.
Dit voorkom ekstra smart.
Rekord hou van die lammer getal,
want as een makeer, weet die boer dit pal.
ń Probleem lammerooi word in die kraal mooi.
Nie té veel voer as wat dit moet,
anders is dit nie met hom goed.
Die ongedierte is ń probleem.
Die boer moet al sy sintuie daarvoor uitleen.
Na spore oplet en sny oral op sy plaas waar hy dit kan kry.
Hoor as ene skree…
Dan moet hy gaan, o, wee!
Boer wil hom skiet!
Want dit is niksseggend om hom die vangery te verbied.
Met ń nagtelike rit as hy in die Land Rover sit.

