{"id":826,"date":"2025-05-15T12:16:50","date_gmt":"2025-05-15T12:16:50","guid":{"rendered":"https:\/\/midnightblue-termite-237919.hostingersite.com\/?p=826"},"modified":"2026-08-20T13:57:14","modified_gmt":"2026-08-20T13:57:14","slug":"die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/","title":{"rendered":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Voorwoord<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie boek is nie geskryf as \u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \u2019n dagboek, want jy kan hom in \u2019n dag lees as jy wil.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie ballade is saamgestel uit al die stories, grappe, geselsies, films (blou en gewone kleur), cartoons en gebeure wat ek self gesien het, dalk gesien het, half gehoor het en miskien selfs beleef het. Ek het net so \u2019n bietjie verbeelding bygevoeg, soos \u2019n mens sout na smaak byvoeg om enige dis lekkerder op die tong te maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met al die halwe waarhede en volle leuens sal ek verkies dat jy die storie lees soos dit geskryf is, tong in die kies. Geen mens, hond, kat, donkie of enige ander dier is beseer in die Die Ballade van Cornelius Hannepoot<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">skryf van die ballade nie. \u2019n Paar lewers, koppe, gevoelens en ego\u2019s het wel seergekry, maar dit is waar die geweld ge\u00ebindig het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Was daar drank betrokke by die stories? Die antwoord is ja. Geen goeie storie begin met, \u201cOnthou jy die aand wat ons daai lekker slaai ge\u00ebet het?\u201d nie. Nee, dit volg meer die lyn van, \u201cOnthou julle daai aand wat ons so lekker brandewyn gedrink het?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ballade is nie \u2019n fairy tale nie. Dit begin nie met Once upon a time in a land, far, far away nie. Nee, dit begin met \u2019n quote deur Cornelius Hannepoot. Die naaste wat die ballade aan \u2019n fairy tale kom, is die noem van \u2019n rooikopprins in een van die stories. Wag gou, noudat ek daaraan dink. Die ballade het tog nog eienskappe van \u2019n fairy tale, want soos \u2019n massering in die agterstrate van Asi\u00eb het dit wel \u2019n happy ending.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My inspirasie vir die skryf van die ballade, of my muse, soos die fancy mense dit noem, het nie gekom van \u2019n mooi vrou of \u2019n epiphany-oomblik nie. Nee, ek het net vir \u2019n lang tyd niks gehad om te doen nie en was baie verveeld. Ek het toe maar gedink as elke tweede ou in Afrikaans \u2019n CD kan maak, dan kan elke derde ou seker \u2019n paar Afrikaanse woorde op papier sit en dit \u2019n boek noem, of hoe.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nou ek weet die ballade is nie almal se cup of tea nie. Maar daar is mense wat nie van tee hou nie, so ek skryf maar die ballade vir julle. Julle kan dit dan geniet soos die teedrinkers hulle tee geniet. Die stories is meer \u2019n vier- vingers-brandewyn-en-twee-vingers-Coke-tipe verversing as \u2019n koppie tee. Almal sal nie van die boek hou en dit geniet nie, want die boek is nie \u2019n braaibroodjie nie. Daar is vloek\u2010 woorde in, onder-die-belt-grappies, en daar word ook gespot met mense en gebeure. Nou ek het nog nooit \u2019n goeie storie gehoor wat nie een van daai elemente bevat het om die storie die moeite werd te maak nie. Maar as jy mooi Die Ballade van Cornelius Hannepoot<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">lees, sal sekere woorde, gebeure en verwysings tog \u2019n klokkie lui.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNever have they built a statue of a critic\u201d of \u2019n boek oor een geskryf nie. Dink so \u2019n bietjie daaraan as die stories nie altyd in lyn is met jou morele kompas is nie, want die stories is eintlik heel rigtingbedonnerd as jy my vra.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gebruik jou verbeelding en geniet die stories op jou manier soos jy jou brandewyn geniet, op jou manier.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soos in \u2019n voorwoord wil ek wil net \u2019n paar mense, besighede, organisasies en produkte bedank vir hulle bydrae tot die skryf van die ballade.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Heel eerste wil ek die mense bedank wat Afrikaans uitgevind het. Gesnyde brood is die beste ding wat hulle nog ooit uitgevind het n\u00e1 Afrikaans. Waar het jy al in jou lewe \u2019n taal gehad waarin jy so lekker kan gesels, stories vertel, grap\u2010 pies maak, vloek en tot partykeer kan sing ook?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Afrikaanse taal is so uniek. Jy kan kom of gaan soos jy wil, alles in een sin. As iemand vir jou vra kom jy saam, kan jy antwoord, ja, nee, ek kom saam, of ja, nee, ek bly liewers. As iemand jou vra wanneer kom jy, s\u00ea jy nou-nou. Nou dit is net ons wat nou-nou sal verstaan. Ons het ook soveel ander mooi woorde wat net ons sal verstaan, soos \u2019n robot, sirkel, biltong, dro\u00ebwors, boerewors, boerenooi, bakkie en BRAAI. Nog \u2019n lekker woord is LEKKER. Lekker bly \u2019n lekker woord om te gebruik om enige iets te beskryf. Lekker, man.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jy enige iemand ontmoet in die buiteland en hulle hoor jy kom van Suid-Afrika af, s\u00ea hulle heel eerste in hulle land se aksent, \u201cOh, Nelson Mandela\u201d en \u201cAk smak bwraai kewaai\u201d. In Afrikaans beteken dit \u201cek smaak braai kwaai\u201d. En dan s\u00ea hulle \u201cDo you know Cornelius Hannepoot? He is a lekker ou. Please send him my regards.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Afrikaans se woordspeling en dubbelsinnige betekenisse is uniek. Jy kan dieselfde woord in een sin gebruik vir twee heel verskillende betekenisse. Byvoorbeeld, ek het te veel Ouma Die Ballade van Cornelius Hannepoot<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">wholewheat beskuit ge\u00ebet, toe beskyt ek myself. Of soos Worsie Visser gesing het, Die hond het my beskuit &#8230; van die tafel af gesmyt. Dit maak ons taal so uitstekend.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ongelukkig en baie tragies het Afrikaans soos die renoster geword: \u2019n bedreigde spesie. Afrikaans word ook gestroop vir \u2019n rede wat glad nie sin maak nie, net soos die renoster.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is nog soveel goeie voorbeelde wat ek wil noem, maar ek sal stadig moet gaan. Die ander bedankings moet ook nog gedoen word. As ek so aangaan, sal die hele boek net uit die voorwoord bestaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek wil graag die brandewynvervaardigers bedank. Bran\u2010 dewyn het meer name as \u2019n eersgebore kleinseun. Dit is bran\u2010 nas, branfien, brandy, karatewater, Kraaifontein Cocktail, vuil Coke, gallopsop of sommer net \u2019n dubbel ook. Elke vervaardiger het sy eie bydrae gemaak, of dit nou \u2019n plat, ronde of ovaal bottel was. Selfs die gevaarlike bottel wat met die tou vasgemaak is, het sy bydrae gelewer. Julle is soos mense: elkeen het sy eie karakter en elkeen bring verskillende karakters na vore. Ek wil ook net graag iets regstel rondom brandewyn. Almal s\u00ea altyd brandewyn maak jou aggressief, maar daar is iets wat jou meer aggressief maak as brandewyn. Dit is tee. Uit ondervinding het ek gesien \u2019n man kan \u2019n bottel brandewyn uitdrink en sy vrou twee koppies tee. Jy moet sien hoe aggressief raak sy vrou. \u2019n Lewenslessie: as jy brandewyn inhet en sy tee, is te\u00ebpraat die laaste ding wat jy moet doen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dankie aan al die fiktiewe karakters, die Kose, die Piete, die Janne en al die Van der Merwes en Koekemoere. Amper vergeet ek van Mike en Kallie. Wat sou \u2019n storie sonder julle gewees het? Julle is legends. Julle het darem al baie goeie stories gehad. Net \u2019n vraag op die onderwerp: is Klein Jannie nog op skool, want hy is darem al lank op skool. Die arme onderwysers kan seker nie wag dat hy eendag moet klaarmaak met skool nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die nuusmakers, moeilikheidmakers, celebrities en die politieke figure.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">tieke figure. Ek wil julle ook bedank, want as julle altyd in julle raampies gebly het, sou ons maar min stories en grappies gehad het. Dankie dat julle ook net mens is, al is julle party\u2010 keer nie lekker mense nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ouens wat die rooikransstompies vir al die braaivure gemaak het. Ek will julle net so graag bedank, want ek weet houtmaak is nie \u2019n grap nie. In die Kaap braai ons met rooikransstompies en ons manne het nie die voorreg om \u2019n harde kool te deel om \u2019n vuur soos die manne uit die Noorde nie. Ons doen dit bietjie anders in die Kaap. Ons deel ons braaibroodjies en los die harde kool vir Sondagmiddagetes.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie dankie, Coke. Of moet julle dalk dankie s\u00ea vir bran\u2010 dewyn? En waar dink julle sou julle vandag gewees het in Suid-Afrika as dit nie vir brandewyn was nie? Brandewyn was die rede vir julle bekende slagspreuk: Coke, a taste for life. As een van ons die slagspreuk moes geskryf het, sou dit meer in die lyn van Brandy and Coke, a taste for fight gewees het. Weereens dankie, Coke, want dubbelbrandewyn en Pepsi klink net nie dieselfde nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ysters wat die ys gemaak het: julle is net so \u2019n belangrike element in die Taste for Fight-mix. Gevriesde Brussels sprouts maak nie die dop so lekker koud soos die eskimo- lollipops nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die WAGS: al die Wives And Girlfriends. Ek sal nie van julle vergeet nie. Jislaaik, ek moet vir julle baie dankie s\u00ea. Julle moet hare op julle tande h\u00ea met ons klomp Afrikaanse, braaiverslaafde, brandewynbesmette, nie-groente-etende, slaaivermydende, sportliefhebbende landboutegnikuste. Al dieselfde stories waarna julle oor en oor moet luister as ons ietsie gevat het. Al die maak van die braaibroodjies, aartappel\u2010 slaai, \u201cdie bring \u2019n bak vir die vleis\u201d. Die nou en dan se \u201cgooi daar vir pappa nog \u2019n dubbel\u201d word altyd waardeer. Elke keer wat julle moet hoor \u201cons gaan n\u00f3\u00fa braai\u201d terwyl die vleis nog in die deep freeze is. Neef Barry verduidelik dit so mooi.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Ballade van Cornelius Hannepoot<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dames, ek voel julle pyn, en ek s\u00ea weereens baie dankie. Kan ek net vra dat julle \u2019n bietjie stadig op die tee sal wees, asseblief.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Laaste maar nie die minste nie, ons regering en ons kragverskaffer. Waaroor sou ons gesels het om \u2019n braaivleisvuur as dit nie vir julle was nie? Hoe minder julle doen, hoe meer het ons om oor te gesels.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As ek dalk iemand uitgelaat het in die bedankings, sal ek hopelik later onthou en julle in die volgende boek bedank.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Cornelius-konsternasies<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Genoeg van die voorwoord, laat die ballade begin. Raak vir my rustig en gooi vir jou iets om jou keel te bederf. Sit jou bril op, skop jou skoene uit. Stuur die kinders kooi toe en geniet die <em>Ballade van Cornelius Hannepoot <\/em>soos jy wil en op jou manier .<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie boek is nie geskryf as \u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \u2019n dagboek, want jy kan hom in \u2019n dag lees as jy wil.<\/p>","protected":false},"author":3,"featured_media":828,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[65],"tags":[],"class_list":["post-826","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-books"],"aioseo_notices":[],"aioseo_head":"\n\t\t<!-- All in One SEO 5.0.0.1 - aioseo.com -->\n\t<meta name=\"description\" content=\"Hierdie boek is nie geskryf as \u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \u2019n dagboek, want jy kan hom in \u2019n dag lees as jy wil.\" \/>\n\t<meta name=\"robots\" content=\"noindex, nofollow, max-image-preview:large\" \/>\n\t<meta name=\"author\" content=\"Edrick Terblanche\"\/>\n\t<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/\" \/>\n\t<meta name=\"generator\" content=\"All in One SEO (AIOSEO) 5.0.0.1\" \/>\n\t\t<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n\t\t<meta property=\"og:site_name\" content=\"kuieralot\u00ae |\" \/>\n\t\t<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n\t\t<meta property=\"og:title\" content=\"Die Ballade van Cornelius Hannepoot | kuieralot\u00ae\" \/>\n\t\t<meta property=\"og:description\" content=\"Hierdie boek is nie geskryf as \u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \u2019n dagboek, want jy kan hom in \u2019n dag lees as jy wil.\" \/>\n\t\t<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/\" \/>\n\t\t<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-05-15T12:16:50+00:00\" \/>\n\t\t<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-08-20T13:57:14+00:00\" \/>\n\t\t<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n\t\t<meta name=\"twitter:title\" content=\"Die Ballade van Cornelius Hannepoot | kuieralot\u00ae\" \/>\n\t\t<meta name=\"twitter:description\" content=\"Hierdie boek is nie geskryf as \u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \u2019n dagboek, want jy kan hom in \u2019n dag lees as jy wil.\" \/>\n\t\t<script type=\"application\/ld+json\" class=\"aioseo-schema\">\n\t\t\t{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"BlogPosting\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#blogposting\",\"name\":\"Die Ballade van Cornelius Hannepoot | kuieralot\\u00ae\",\"headline\":\"Die Ballade van Cornelius Hannepoot\",\"author\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/author\\\/edrick_adm\\\/#author\"},\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/#organization\"},\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"url\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/Die-Ballade-van-Cornelius-Hannepoot-Print.jpg\",\"width\":1042,\"height\":1042},\"datePublished\":\"2025-05-15T12:16:50+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-20T13:57:14+00:00\",\"inLanguage\":\"af\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#webpage\"},\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#webpage\"},\"articleSection\":\"Books\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#breadcrumblist\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af#listItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\",\"nextItem\":{\"@type\":\"ListItem\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/category\\\/books\\\/#listItem\",\"name\":\"Books\"}},{\"@type\":\"ListItem\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/category\\\/books\\\/#listItem\",\"position\":2,\"name\":\"Books\",\"item\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/category\\\/books\\\/\",\"nextItem\":{\"@type\":\"ListItem\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#listItem\",\"name\":\"Die Ballade van Cornelius Hannepoot\"},\"previousItem\":{\"@type\":\"ListItem\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af#listItem\",\"name\":\"Home\"}},{\"@type\":\"ListItem\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#listItem\",\"position\":3,\"name\":\"Die Ballade van Cornelius Hannepoot\",\"previousItem\":{\"@type\":\"ListItem\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/category\\\/books\\\/#listItem\",\"name\":\"Books\"}}]},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/#organization\",\"name\":\"kuieralot\\u00ae\",\"url\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/author\\\/edrick_adm\\\/#author\",\"url\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/author\\\/edrick_adm\\\/\",\"name\":\"Edrick Terblanche\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#webpage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/\",\"name\":\"Die Ballade van Cornelius Hannepoot | kuieralot\\u00ae\",\"description\":\"Hierdie boek is nie geskryf as \\u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \\u2019n dagboek, want jy kan hom in \\u2019n dag lees as jy wil.\",\"inLanguage\":\"af\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/#website\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#breadcrumblist\"},\"author\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/author\\\/edrick_adm\\\/#author\"},\"creator\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/author\\\/edrick_adm\\\/#author\"},\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"url\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/Die-Ballade-van-Cornelius-Hannepoot-Print.jpg\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#mainImage\",\"width\":1042,\"height\":1042},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\\\/#mainImage\"},\"datePublished\":\"2025-05-15T12:16:50+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-20T13:57:14+00:00\"},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/\",\"name\":\"kuieralot\\u00ae\",\"inLanguage\":\"af\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/kuieralot.com\\\/af\\\/#organization\"}}]}\n\t\t<\/script>\n\t\t<!-- All in One SEO -->\n\n","aioseo_head_json":{"title":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot | kuieralot\u00ae","description":"Hierdie boek is nie geskryf as \u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \u2019n dagboek, want jy kan hom in \u2019n dag lees as jy wil.","canonical_url":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/","robots":"noindex, nofollow, max-image-preview:large","keywords":"","webmasterTools":{"miscellaneous":""},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"BlogPosting","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#blogposting","name":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot | kuieralot\u00ae","headline":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot","author":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/author\/edrick_adm\/#author"},"publisher":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/#organization"},"image":{"@type":"ImageObject","url":"https:\/\/kuieralot.com\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Die-Ballade-van-Cornelius-Hannepoot-Print.jpg","width":1042,"height":1042},"datePublished":"2025-05-15T12:16:50+00:00","dateModified":"2026-08-20T13:57:14+00:00","inLanguage":"af","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#webpage"},"isPartOf":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#webpage"},"articleSection":"Books"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#breadcrumblist","itemListElement":[{"@type":"ListItem","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af#listItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/kuieralot.com\/af","nextItem":{"@type":"ListItem","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/category\/books\/#listItem","name":"Books"}},{"@type":"ListItem","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/category\/books\/#listItem","position":2,"name":"Books","item":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/category\/books\/","nextItem":{"@type":"ListItem","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#listItem","name":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot"},"previousItem":{"@type":"ListItem","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af#listItem","name":"Home"}},{"@type":"ListItem","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#listItem","position":3,"name":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot","previousItem":{"@type":"ListItem","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/category\/books\/#listItem","name":"Books"}}]},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/#organization","name":"kuieralot\u00ae","url":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/author\/edrick_adm\/#author","url":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/author\/edrick_adm\/","name":"Edrick Terblanche"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#webpage","url":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/","name":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot | kuieralot\u00ae","description":"Hierdie boek is nie geskryf as \u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \u2019n dagboek, want jy kan hom in \u2019n dag lees as jy wil.","inLanguage":"af","isPartOf":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/#website"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#breadcrumblist"},"author":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/author\/edrick_adm\/#author"},"creator":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/author\/edrick_adm\/#author"},"image":{"@type":"ImageObject","url":"https:\/\/kuieralot.com\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Die-Ballade-van-Cornelius-Hannepoot-Print.jpg","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#mainImage","width":1042,"height":1042},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/#mainImage"},"datePublished":"2025-05-15T12:16:50+00:00","dateModified":"2026-08-20T13:57:14+00:00"},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/#website","url":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/","name":"kuieralot\u00ae","inLanguage":"af","publisher":{"@id":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/#organization"}}]},"og:locale":"en_US","og:site_name":"kuieralot\u00ae |","og:type":"article","og:title":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot | kuieralot\u00ae","og:description":"Hierdie boek is nie geskryf as \u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \u2019n dagboek, want jy kan hom in \u2019n dag lees as jy wil.","og:url":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/","article:published_time":"2025-05-15T12:16:50+00:00","article:modified_time":"2026-08-20T13:57:14+00:00","twitter:card":"summary_large_image","twitter:title":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot | kuieralot\u00ae","twitter:description":"Hierdie boek is nie geskryf as \u2019n dagboek nie. Nee, jy kan hom in die aand ook lees as Eskom nie jou leesgenot bederf nie. Maar dit is dalk ook \u2019n dagboek, want jy kan hom in \u2019n dag lees as jy wil."},"aioseo_meta_data":{"post_id":"826","title":null,"description":null,"keywords":null,"keyphrases":{"focus":{"keyphrase":"","score":0,"analysis":{"keyphraseInTitle":{"score":0,"maxScore":9,"error":1}}},"additional":[]},"primary_term":null,"canonical_url":null,"og_title":null,"og_description":null,"og_object_type":"default","og_image_type":"default","og_image_url":null,"og_image_width":null,"og_image_height":null,"og_image_custom_url":null,"og_image_custom_fields":null,"og_video":"","og_custom_url":null,"og_article_section":null,"og_article_tags":null,"twitter_use_og":false,"twitter_card":"default","twitter_image_type":"default","twitter_image_url":null,"twitter_image_custom_url":null,"twitter_image_custom_fields":null,"twitter_title":null,"twitter_description":null,"schema":{"blockGraphs":[],"customGraphs":[],"default":{"data":{"Article":[],"Course":[],"Dataset":[],"FAQPage":[],"Movie":[],"Person":[],"Product":[],"ProductReview":[],"Car":[],"Recipe":[],"Service":[],"SoftwareApplication":[],"WebPage":[]},"graphName":"BlogPosting","isEnabled":true},"graphs":[]},"schema_type":"default","schema_type_options":null,"pillar_content":false,"robots_default":true,"robots_noindex":false,"robots_noarchive":false,"robots_nosnippet":false,"robots_nofollow":false,"robots_noimageindex":false,"robots_noodp":false,"robots_notranslate":false,"robots_max_snippet":"-1","robots_max_videopreview":"-1","robots_max_imagepreview":"large","priority":null,"frequency":"default","local_seo":null,"breadcrumb_settings":null,"limit_modified_date":false,"ai":{"faqs":[],"keyPoints":[],"schemas":[],"titles":[],"descriptions":[],"socialPosts":{"email":{"subject":"","preview":"","content":""},"linkedin":[],"twitter":[],"facebook":[],"instagram":[]}},"created":"2025-11-21 10:22:26","updated":"2026-08-20 14:13:58","seo_analyzer_scan_date":null,"focus_keyword":null,"additional_keywords":null,"truseo_locale":null},"aioseo_breadcrumb":"<div class=\"aioseo-breadcrumbs\"><span class=\"aioseo-breadcrumb\">\n\t\t\t<a href=\"https:\/\/kuieralot.com\/af\" title=\"Home\">Home<\/a>\n\t\t<\/span><span class=\"aioseo-breadcrumb-separator\">|<\/span><span class=\"aioseo-breadcrumb\">\n\t\t\t<a href=\"https:\/\/kuieralot.com\/af\/category\/books\/\" title=\"Books\">Books<\/a>\n\t\t<\/span><span class=\"aioseo-breadcrumb-separator\">|<\/span><span class=\"aioseo-breadcrumb\">\n\t\t\tDie Ballade van Cornelius Hannepoot\n\t\t<\/span><\/div>","aioseo_breadcrumb_json":[{"label":"Home","link":"https:\/\/kuieralot.com\/af"},{"label":"Books","link":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/category\/books\/"},{"label":"Die Ballade van Cornelius Hannepoot","link":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/die-ballade-van-cornelius-hannepoot-blog\/"}],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/826","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=826"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/826\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8695,"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/826\/revisions\/8695"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/828"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=826"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=826"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kuieralot.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=826"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}